Song of Solomon 3:4 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Ek het net 'n bietjie by hulle verbygegaan, maar ek het hom gevind vir wie my siel lief is; ek het hom vasgehou en hom nie laat gaan nie, totdat ek hom in die huis van my moeder gebring het en in die kamer van haar wat my swanger gemaak het.
Afrikaans (NLV) 2011 Ek was net by hulle verby, toe kry ek die man wat ek liefhet. Ek het hom vasgegryp. Ek het hom nie weer laat los voor ek hom gebring het na my ma se huis, na die kamer waar ek gebore is nie.
Afrikaans 1933/1953 Skaars het ek van hulle af verder gegaan, of ek het my sielsbeminde gevind; ek het hom vasgehou en hom nie gelos voordat ek hom gebring het in die huis van my moeder en in die binnekamer van haar wat my gebaar het nie.
Afrikaans 1983 Skaars was ek by hulle verby of ek het hom wat ek liefhet, gekry. Ek het hom vasgegryp en hom nie laat los nie, ek het hom na my ma se huis toe gebring, na die kamer toe waar ek gebore is.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Pas nadat ek by hulle verby is, vind ek die geliefde van my hart! Ek gryp hom vas en laat hom nie weer gaan nie, tot ek hom na my moeder se huis gebring het, na die kamer van haar wat met my swanger was.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Toe ek by hulle verbygeloop het, het ek die man gekry vir wie ek lief is. Ek het hom vasgehou, ek het hom nie gelos nie totdat ek hom na my ma se huis gebring het, na die kamer waar ek gebore is.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Net ’n klein entjie verder het ek hom toe gekry. Ek het hom styf vasgehou en wou hom nie los nie. Ons is saam na my ma se huis toe en na die kamer waar ek gebore is.