Song of Solomon 3:2 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Ek sal nou opstaan en in die stad rondgaan op die strate, en op die breë paaie sal ek hom soek vir wie my siel lief is; ek het hom gesoek, maar hom nie gevind nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Ek sal weer opstaan en in die stad na hom gaan soek, in die strate en op die pleine. Ek het oral na hom gesoek, maar kon hom nêrens kry nie.
Afrikaans 1933/1953 Ek wil dan opstaan en in die stad rondgaan, in die strate en op die pleine wil ek na my sielsbeminde soek; ek het na hom gesoek, maar hom nie gevind nie.
Afrikaans 1983 Ek het opgestaan en in die stad rondgegaan op die strate en die pleine, en hom gesoek wat ek liefhet; ek het hom gesoek en hom nie gekry nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Laat ek nou opstaan en die stad deurkruis, op die strate en pleine na die liefde van my hart soek. Ek het hom gesoek, maar hom nie gevind nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ek het gesê ek wil opstaan en in die stad rondloop op die strate en die oop stukke grond, ek wil soek na die man vir wie ek lief is. Ek het na hom gesoek, maar ek het hom nie gekry nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Toe het ek opgestaan en deur die strate en elke stegie geloop op soek na my geliefde, maar ek kon hom nêrens vind nie.