Song of Solomon 3:11 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Gaan uit, o dogters van Sion, en kyk na koning Salomo met die kroon waarmee sy moeder hom gekroon het op die dag van sy huwelik en op die dag van die blydskap van sy hart. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Vroue van Sion, gaan uit dat julle kan kyk na die kroon van koning Salomo. Daarmee het sy ma hom gekroon op sy vreugdevolle troudag.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Kom uit, dogters van Sion, en aanskou met vreugde die koning Salomo, die krans waarmee sy moeder hom bekrans het op sy troudag en op die dag dat sy hart vrolik is. |
| Afrikaans 1983 | Kom kyk na koning Salomo, vroue van Sion; hy dra die kroon waarmee sy moeder hom gekroon het op die dag van sy huwelik, die dag van sy grootste vreugde.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | kom uit! Meisies van Sion, kom kyk na koning Salomo, na die kroon waarmee sy moeder hom gekroon het, op sy troudag, op die dag toe sy hart oorstelp van vreugde was. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Vroue van Sion, julle moet kom kyk na koning Salomo, hy dra die kroon wat sy ma op sy kop gesit het die dag toe hy getrou het, die dag toe hy baie bly was.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Vroue van Jerusalem, gaan buitentoe en kyk na Salomo. Hy het die kroon op wat sy ma nog vir hom op sy troudag gegee het, dié dag toe hy so vol vreugde en blydskap was. |