Song of Solomon 2:9 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | My beminde is soos 'n gemsbok of 'n jong takbok: kyk, hy staan agter ons muur, hy kyk uit na die vensters en wys homself deur die traliewerk. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | My liefling is soos ’n ribbok. Hy is soos ’n takboklam. Kyk, daar staan hy agter die huis se muur. Hy kyk deur die venster. Hy loer deur die hortjies. |
| Afrikaans 1933/1953 | My beminde lyk soos 'n gemsbok of soos 'n jong takbok. Daar staan hy agter ons muur! Hy kyk deur die vensters in, hy speur deur die tralies heen. |
| Afrikaans 1983 | Die man wat ek liefhet, maak soos 'n ribbok, soos 'n takboklam. Kyk, daar staan hy agter ons huis se muur, hy kyk by die venster in, hy loer deur die latwerk! |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | My liefste is soos 'n ribbok, soos 'n jong rooitakbok. Kyk! Hy staan agter ons huismuur, hy kyk by die vensters in, hy loer deur die latwerk. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die man vir wie ek lief is, is soos 'n gasel, soos 'n jong takbok. Kyk daar, hy staan anderkant ons muur, hy kyk deur die vensters, hy loer deur die tralies. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | My liefling is so rats soos ’n jong bokkie en so vlug soos ’n takbok. Hy staan al langs die muur by die venster en kyk deur die traliewerk na binne. |