Song of Solomon 2:7 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Ek besweer julle, o dogters van Jerusalem, by die gemsbok en by die takbokke van die veld, dat julle nie my liefde opwek of opwek totdat dit hom behaag nie.
Afrikaans (NLV) 2011 “Sweer vir my, vroue van Jerusalem, by die ribbokke en die wilde takbokke dat julle nie die liefde sal aanblaas voordat die tyd daarvoor ryp is nie.
Afrikaans 1933/1953 Ek besweer julle, dogters van Jerusalem, by die gemsbokke of by die takbokke van die veld, om nie die liefde wakker te maak of op te wek voordat dit die liefde behaag nie.
Afrikaans 1983 Vroue van Jerusalem, ek smeek julle en ek roep die ribbokke en die takbokke in die veld tot getuie: moenie die liefde wakker maak en aanvuur voor die tyd daarvoor ryp is nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Meisies van Jerusalem, ek besweer julle by die ribbok- en takbokooie van die veld: Moenie die liefde aanwakker nie, moet dit nie opwek nie, voordat dit nie self wil ontwaak nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Vroue van Jerusalem, julle moet vir my belowe, en die gaselle en die takbokke in die veld moet die getuies wees, julle moet belowe dat julle ons nie sal wakker maak en nie sal pla nie. Ons is lief vir mekaar en ons sal self besluit wat om te doen.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Vroue van Jerusalem, sweer by die ribbok en die takbok dat julle nie die liefde sal wakker maak nie tot dit tyd is daarvoor.