Song of Solomon 2:3 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Soos 'n appelboom tussen die bome van die bos, so is my beminde onder die seuns. Ek het met groot genot onder sy skaduwee gaan sit, en sy vrugte was soet na my smaak.
Afrikaans (NLV) 2011 “My liefling is vir my soos ’n appelboom in die boord tussen die ander jong mans. Om onder sy skaduwee te sit, is vir my pure genot en sy vrugte is soet in my mond.
Afrikaans 1933/1953 Soos 'n appelboom onder die bome van die bos, so is my beminde onder die seuns. Ek het verlang om in sy skaduwee te sit, en sy vrugte is soet vir my verhemelte.
Afrikaans 1983 “Soos 'n appelboom tussen wilde bome, so is die man wat ek liefhet, tussen die jongmans. Ek sit graag in sy skaduwee, sy vrugte is soet in my mond.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Soos 'n appelboom tussen die bome van die bos, so is my liefste onder die jong mans. Ek sit graag in sy skaduwee, sy vrugte soet op my tong.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Sy sê: “Wanneer die man vir wie ek lief is, tussen die jongmans is, dan is hy soos 'n appelboom tussen die bome in die bos. Ek wil graag in sy skaduwee sit, sy appels is soet in my mond.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) My vriend is ook anders. Hy is soos ’n appelboom in ’n bos. In sy skadu vind ek rus en sy vrugte is louter genot.