Song of Solomon 2:14 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | O my duif, wat in die rotskloven is, in die skuilplekke van die trappe, laat my u aangesig sien, laat my u stem hoor; want soet is jou stem, en jou aangesig is lieflik. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “My duif kruip vir my weg êrens in die klipskeure, iewers in ’n skuilplek teen die kranse. Laat ek sien waar jy is! Laat ek hoor waar kruip jy weg! Jou stem is so mooi en jou gesig is pragtig.” |
| Afrikaans 1933/1953 | My duif in die rotsklowe, in die skuilplek by die krans, laat my u gedaante sien, laat my u stem hoor; want u stem is soet, en u gedaante is lieflik. |
| Afrikaans 1983 | My duif in die klipskeure, in die skuilplek teen die krans, wys my jou gesig, laat hoor my jou stem. Jou stem is strelend, jou gesig lieflik.’ |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | My duif in die rotsskeure, in die skuilplekke teen die bergkrans – laat my jou gesig sien, laat my jou stem hoor, want jou stem is soet en jou gesig is pragtig.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Jy is soos 'n duif tussen die rotse, 'n duif wat wegkruip teen die hoë rotse, ek wil jou sien, ek wil jou hoor, jou stem is mooi en jy is mooi.’ ” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Jy is soos ’n duifie wat in ’n rotsskeur skuil. Laat my gou weer net jou gesiggie sien en jou stemmetjie hoor. Hoe lieflik is die klank van jou stem tog, en hoe mooi jou gesig. |