Song of Solomon 2:13 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Die vyeboom laat sy groen vye voort, en die wingerde met die sagte druiwe gee 'n goeie reuk. Staan op, my liefling, my skone, en kom weg.
Afrikaans (NLV) 2011 Die vroeëvye begin swel, die botsels in die wingerde versprei hulle geur. Staan op, my beeldskone beminde. Kom hier na my toe!’”
Afrikaans 1933/1953 Die vyeboom laat sy voorvye uitswel, en die wingerdstokke wat bloei, versprei geur. Staan op, my vriendin, my skone, kom dan tog!
Afrikaans 1983 Die voorvye kom al uit, die wingerde bot en versprei hulle geur. Staan op, my liefling, my mooiste, kom na my toe!
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die vyeboom laat sy groen vye uitswel, die wingerd bot en versprei sy geur. Staan op, my liefling, my mooiste, en kom!
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die vyeboom laat sy vye groot word, jy kan ruik dat die wingerdstokke blomme kry. My liefste, my mooiste, jy moet opstaan, jy moet kom.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die eerste vye is ryp en die eerste trossies hang in die wingerd. Oral is daar net die geur van wingerd en van veld. Kom, my liefste, staan gou op en kom saam met my.