Song of Solomon 1:8 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | As jy dit nie weet nie, o mooiste onder die vroue, gaan op die voetstappe van die kudde, en laat jou bokkies oppas langs die herders se tente. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “As jy nie weet nie, mooiste van die vroue, loop op die spore van die skape en laat jou bokkies wei daar by die veewagters se tente. |
| Afrikaans 1933/1953 | As u dit self nie weet nie, mooiste onder die vroue, gaan dan uit op die spore van die skape en laat u bokkies wei by die hutte van die herders. |
| Afrikaans 1983 | “As jy dit nie weet nie, mooiste van al die vroue, loop maar net op die kleinvee se spore en laat jou bokkies wei by die veewagters se tente. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Weet jy dit nie, mooiste onder die vroue? Volg die spore van die kleinvee en laat jou lammers langs die herders se tente wei. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hy sê: “Jy, mooiste van al die vroue, as jy dit nie kan uitvind nie, dan moet jy loop op die spore van die skape en die bokke, en jy moet jou bokkies laat wei by die skaapwagters se tente.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Liefstetjie, weet jy dan nie waar nie? Volg net die trop se spoor tot vlak by die herders se hut. Laat jou bokke daar wei. Daar sal jy my kry. |