Song of Solomon 1:7 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Sê vir my, o jy wat my siel liefhet, waar jy wei, waar laat jy jou kleinvee op die middag rus; want waarom sou ek wees soos een wat wegdraai by die kuddes van jou metgeselle?
Afrikaans (NLV) 2011 Sê vir my, my liefling, waar laat jy jou kleinvee wei? Waar gaan jy met hulle oorstaan vanmiddag? Hoekom moet ek my agter ’n sluier versteek om na jou te gaan soek by die veetroppe van jou vriende?”
Afrikaans 1933/1953 Vertel my tog, my sielsbeminde, waar laat u wei, waar laat u smiddags die vee lê en rus? Want waarom sou ek wees soos een wat haar met 'n sluier toedraai by die kuddes van u metgeselle?
Afrikaans 1983 “Sê my, jy wat ek liefhet, waar laat jy jou kleinvee wei, waar laat jy hulle rus op die middag? Hoekom moet ek my agter 'n sluier wegsteek en by die veetroppe van jou vriende rondsoek?”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Laat weet my tog, geliefde van my hart, waar laat jy jou kudde wei, waar laat jy hulle in die middag rus? Waarom moet ek gesluierd gaan tussen jou vriende se kuddes?
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Sy sê: “Ek is lief vir jou, jy moet vir my vertel waar jy jou skape en bokke laat wei, waar jy hulle laat rus op die warmste tyd van die dag. Ek wil nie my gesig toemaak en jou soek by jou vriende se troppe skape en bokke nie.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Sê my, my liefling, waarheen vat jy vandag jou vee? Waar staan julle teen die middaguur? Kom, sê my, dan hoef ek jou nie tussen die ander herders se kuddes te gaan soek nie.