Song of Solomon 1:6 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Moenie na my kyk nie, want ek is swart, want die son het my aangekyk; my moeder se kinders was kwaad vir my; hulle het my die wagter van die wingerde aangestel; maar my eie wingerd het ek nie bewaar nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Moenie my so staan en bekyk omdat ek donker is nie. Die son het my so gebrand. My broers was kwaad vir my. Daarom het hulle my die wingerde laat oppas. My eie wingerd moes ek verwaarloos. |
| Afrikaans 1933/1953 | Moenie na my kyk omdat ek so bruinerig is, omdat die son my verbrand het nie: die seuns van my moeder was toornig op my; hulle het my aangestel as oppasser van die wingerde; my eie wingerd het ek nie opgepas nie. |
| Afrikaans 1983 | Moet my nie so aankyk omdat ek donker is nie, omdat die son my gebrand het nie: my broers het my so bruin laat brand, hulle het my die wingerde laat oppas; ek kon my eie wingerd, myself, nie versorg nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Moenie na my staar omdat ek donker is, omdat die son my bruin gebrand het nie. Die seuns van my ma was kwaad vir my: Hulle het my die wingerde laat oppas; my eie wingerd kon ek nie oppas nie. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Julle kyk na my omdat ek bruin gebrand is, omdat die son my so gebrand het. Julle moenie so na my kyk nie. My broers was kwaad vir my, hulle het gesê ek moet die wingerde oppas, en daarom kon ek nie my vel mooi hou nie.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Moenie sleg dink van my omdat ek so bruin is nie. Dit is die son wat my so bruin gebrand het. My broers was kwaad vir my en het my toe in die wingerd laat werk. Ek moes elke dag in die skerp son werk. |