Song of Solomon 1:4 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Trek my, ons sal agter U aan hardloop: die koning het my in sy kamers gebring; ons sal bly wees en ons in U verheug, ons sal aan u liefde dink meer as wyn; die opregtes het U lief. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Vat my saam met jou! Kom, laat ons hardloop! Laat die koning my na sy kamer toe neem.” “Kom ons juig! Ons is bly oor jou! Ons hou meer van jou liefde as van wyn.” “Geen wonder meisies het jou so lief nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | Trek my agter u aan, laat ons gou maak! Die koning het my in sy binnekamers gebring. Ons wil juig en ons in u verheug, ons wil u liefde prys meer as wyn. Met reg het hulle u lief. |
| Afrikaans 1983 | Vat my saam met jou, kom ons hardloop!” Die koning vat my toe na sy kamer toe. “Kom ons juig, kom ons wees vrolik oor jou!” “Kom ons prys jou liefkosings, dit is beter as wyn! Ek kan verstaan dat die meisies lief is vir jou. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Neem my saam met jou! Kom ons hardloop! Die koning het my na sy kamer geneem. Ons wil vreugde put uit jou, ons verheug oor jou! Ons wil jou liefkosings meer aanprys as wyn. Hulle is met reg verlief op jou! |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Jy moet my saam met jou neem, ons moet hardloop! Die koning het my na sy kamer gebring. Ons moet juig, ons moet vir almal wys dat ons bly is, ons moet sing daaroor dat jy lief is vir my, dit is lekkerder as wyn.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Vat my, dan hardloop ons weg. Wees vir my soos ’n koning en neem my na jou kamer toe. Saam sal ons gelukkig wees. Ons sal mekaar geniet en onsself in ons liefde verloor. Ek weet waarom al die jongmeisies so gaande oor jou is. |