Song of Solomon 1:3 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Vanweë die geur van u goeie salf is u naam soos salf wat uitgegiet is, daarom het die maagde u lief.
Afrikaans (NLV) 2011 Jou parfuum ruik heerlik. Jou naam is soos parfuum! Dis waarom meisies so baie van jou hou.
Afrikaans 1933/1953 U salf is aangenaam van geur, u naam is soos salf wat uitgegiet is; daarom het die jonkvroue u lief.
Afrikaans 1983 jou parfuum ruik so lekker, jou naam is suiwer parfuum: daarom het die meisies jou so lief.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die geur van jou reukolie is heerlik, reukolie wat uitgegiet word, is jou naam – daarom raak die meisies verlief op jou!
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Jy ruik so lekker soos goeie olyf-olie, wanneer ek jou naam hoor, dan is dit soos lekkerruik-olie. Dit is hoekom meisies verlief is op jou.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hoe lekker ruik jou reukmiddel en hoe mooi klink jou naam tog nie. Al wat ’n jongmeisie is, is op jou verlief.