Ruth 4:9 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe sê Boas aan die oudstes en aan die hele volk: Vandag is julle getuies dat ek alles wat aan Elimeleg en alles wat aan Kiljon en Maglon behoort het, uit die hand van Naomi gekoop het. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Toe sê Boas vir die leiers en die mense om hulle: “Julle is getuie dat ek vandag Elimelek, Kiljon en Maglon se eiendom by Naomi loskoop. |
| Afrikaans 1933/1953 | Toe sê Boas aan die oudstes en al die mense: Julle is vandag getuies dat ek alles wat aan Elim,leg en alles wat aan Giljon en Maglon behoort het, uit die hand van Naomi koop. |
| Afrikaans 1983 | Hierop sê Boas vir die leiers en almal teenwoordig: “Julle is vandag getuies dat ek alles wat aan Elimelek en Kiljon en Maglon behoort het, van Naomi gekoop het en dat |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Daarop sê Boas vir die oudstes en al die mense: “Vandag is julle getuies dat ek alles wat aan Elimeleg en alles wat aan Kiljon en Maglon behoort, by Naomi oorneem. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Toe sê Boas vir die leiers en vir almal wat daar was: “Julle is vandag die getuies dat ek by Naomi alles koop wat aan Elimelek en aan Maglon en Kiljon behoort het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Toe sê Boas vir die leiers en die ander mense wat daar rondgestaan het: “Julle is vandag getuies dat ek al Elimeleg en sy twee seuns, Kiljon en Maglon, se eiendom van Naomi gekoop het. |