Ruth 4:7 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En dit was vroeër die manier in Israel met betrekking tot verlossing en met betrekking tot verandering, om alles te bevestig; 'n man het sy skoen uitgetrek en dit aan sy naaste gegee; en dit was 'n getuienis in Israel. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Destyds was dit die gebruik in Israel by die lossingproses of die oordrag van eiendomsregte dat die transaksie soos volg bevestig word: Die een wat sy regte aan iemand anders oordra, moet ook sy skoen uittrek en dit vir die ander party gee. Dit het die transaksie bekragtig. |
| Afrikaans 1933/1953 | En d¡t was vroeër in Israel die gebruik by lossing en by ruiling om enige saak van krag te maak: die een trek sy skoen uit en gee dit aan die ander; dit was dan die bekragtiging in Israel. |
| Afrikaans 1983 | In Israel was dit gebruiklik by die lossingsprosedure of by die ruil van enige eiendom dat die een party 'n skoen uittrek en aan die ander party gee. Dit was die manier waarop die bekragtiging van 'n transaksie in Israel plaasgevind het. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Wanneer dit gegaan het oor lossingsreg en ruiltransaksies, was dít vroeër in Israel die gebruik om enige saak te bevestig: 'n Persoon moes sy sandaal uittrek en dit vir die ander party gee. Dit het dan in Israel as bekragtiging van die saak gegeld. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Daardie tyd, wanneer iemand nie 'n familielid kon help nie, dan het hy sy sandaal uitgetrek en dit vir die ander persoon gegee. Wanneer 'n man 'n stuk grond geruil het by iemand, dan het hy ook sy sandaal vir die ander man gegee. Dan het al die Israeliete dit geweet. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | In daardie tyd was dit die gebruik in Israel om jou skoen uit te trek en dit aan die ander persoon te gee. Dit was ’n simboliese manier om te sê dat jy afstand doen van jou reg om die grond te koop of te ruil. |