Ruth 4:6 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe sê die losser: Ek kan dit nie vir my loskoop nie, sodat ek my erfdeel nie beskadig nie; los jy my reg op jouself; want ek kan dit nie loskoop nie.
Afrikaans (NLV) 2011 “In so ’n geval wil ek nie as losser optree nie,” antwoord die naaste losser, “want dit kan my eie erfporsie in gevaar stel. Jy kan gerus as losser optree, want ek wil nie.”
Afrikaans 1933/1953 En die losser sê: Ek kan dit nie vir my los nie, anders bederf ek my erfdeel; neem jy my lossingsreg oor, want ek kan nie los nie.
Afrikaans 1983 Die losser sê toe: “In daardie geval sal ek my reg om as losser op te tree, laat vaar, want anders sou dit beteken dat my eie eiendom in gevaar kom. Tree jy nou maar as losser op, want ek sien nie meer daarvoor kans nie.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Toe sê die losser: “Nee, dan kan ek dit nie as losser vir my verkry nie, anders bederf ek daarmee my familiebesit. Neem jy my lossingsreg oor, want ek wil nie as losser optree nie.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Toe sê die man: “Nee, dan kan ek nie die grond koop nie, want as ek met Rut trou, dan sal ek miskien die familie-grond verloor wat ek klaar het. Jý moet Naomi se grond koop, ek kan nie.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die man sê toe: “As dit die geval is, wil ek nie die grond koop nie. Dit kan dalk my eie kinders benadeel. Koop jy dit maar liewer, ek sien nie kans daarvoor nie.”