Ruth 4:3 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En hy sê vir die bloedverwant: Naomi, wat teruggekom het uit die land Moab, verkoop 'n stuk grond wat ons broer Elimeleg s'n was. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Boas sê vir die losser: “Naomi wat uit Moab teruggekom het, wil die landerye wat aan ons bloedverwant Elimelek behoort het, verkoop. |
| Afrikaans 1933/1953 | En hy sê vir die losser: Die stuk grond van ons broer Eliméleg wil Naomi, wat uit die veld van Moab teruggekom het, verkoop. |
| Afrikaans 1983 | Boas sê toe vir die losser: “Naomi, die vrou wat uit Moab teruggekom het, bied die stuk grond wat aan ons familielid Elimelek behoort het, te koop aan. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | sê hy vir die losser: “Die deel van die grond wat aan Elimeleg, ons familielid, behoort, word verkoop deur Naomi, wat teruggekom het van die gebied van Moab. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Toe sê hy vir die man: “Daar is 'n stuk grond wat behoort het aan Elimelek wat familie van ons was. Naomi het teruggekom uit die land Moab, en sy wil hê dat 'n man wat familie is van haar man, die grond moet koop. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Boas sê toe vir die familielid: “Toe Naomi van Moab af teruggekom het, het sy besluit om die stuk grond wat aan ons familielid Elimeleg behoort het, te verkoop. |