Ruth 4:17 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die vroue, haar bure, het dit 'n naam gegee en gesê: Daar is 'n seun gebore vir Naomi; en hulle het hom Obed genoem. Hy is die vader van Isai, die vader van Dawid.
Afrikaans (NLV) 2011 Die buurvroue het hom Obed genoem. Hulle het gesê: “Daar is ’n seun vir Naomi gebore.” Hy het die pa geword van Isai en die oupa van Dawid.
Afrikaans 1933/1953 En die buurvroue het hom 'n naam gegee en gesê: Vir Naomi is 'n seun gebore! En hulle het hom genoem Obed; hy was die vader van Isai, die vader van Dawid.
Afrikaans 1983 Haar buurvroue het die seuntjie toe 'n naam gegee. Hulle het hom Obed genoem en gesê: “'n Seun is vir Naomi gebore.” Obed was die voorvader van Dawid.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die buurvroue het vir hom 'n naam gegee. Hulle het gesê: “'n Seun is vir Naomi gebore”, en hom toe Obed genoem. Obed was die vader van Isai, en Isai die vader van Dawid.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die buurvroue het vir die seun 'n naam gegee. Hulle het gesê: “Naomi het nou 'n kind,” en hulle het hom Obed genoem. Obed was die pa van Isai, en Isai was die pa van Dawid.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die buurvroue het toe gesê: “Uiteindelik het Naomi weer ’n seun!” Die kind se naam was Obed. Obed was Isai se pa en Dawid se oupa.