Ruth 4:14 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe sê die vroue vir Naomi: Geloofd sy die HERE wat jou vandag nie sonder 'n bloedverwant gelaat het nie, sodat sy naam beroemd kan word in Israel. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Toe sê die vroue van die dorp vir Naomi: “Prys die Here wat vandag vir jou ’n losser gegee het. Mag hy beroemd word in Israel. |
| Afrikaans 1933/1953 | Toe sê die vroue vir Naomi: Geloofd sy die HERE wat aan jou vandag 'n losser nie laat ontbreek het nie! En mag sy naam in Israel geroem word! |
| Afrikaans 1983 | Die vrouens sê toe vir Naomi: “Aan die Here kom die lof toe omdat Hy vandag vir jou 'n losser gegee het. Mag die losser se naam bekend wees in Israel, |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die vroue het vir Naomi gesê: “Die Here moet geprys word! Hy het jou vandag nie sonder 'n losser gelaat nie. Mag dié losser beroemd wees in Israel. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die vroue het vir Naomi gesê: “Ons prys die Here wat iemand gegee het wat jou nou kan help. Ons bid dat hierdie kind 'n belangrike man sal word in die volk Israel. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Toe sê die vroue vir Naomi: “Loof die Here! Hy het vandag vir jou ’n kleinseun gegee om vir jou te sorg. Mag sy naam altyd in Israel voortleef deur sy kinders. |