Ruth 4:12 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En laat jou huis wees soos die huis van Peres wat Tamar vir Juda gebaar het, uit die nageslag wat die HERE jou van hierdie jong vrou sal gee.
Afrikaans (NLV) 2011 “Mag die Here deur hierdie vrou vir jou afstammelinge gee wat sal wees soos ons stamvader Peres, die seun van Tamar en Juda.”
Afrikaans 1933/1953 En mag jou huis word soos die huis van Peres wat Tamar vir Juda gebaar het -- uit die nageslag wat die HERE jou uit hierdie jong vrou sal gee!
Afrikaans 1983 Mag die nageslag wat die Here jou uit hierdie jong vrou sal gee, wees soos dié van Peres wat deur Tamar vir Juda in die wêreld gebring is.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Mag, uit die nageslag wat die Here vir jou uit hierdie jong vrou gee, jou huis wees soos dié van Peres wat Tamar vir Juda in die wêreld gebring het.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ons bid dat die kinders wat die Here vir jou en hierdie jong vrou sal gee, sal wees soos die kinders van Peres, die seun van Juda en Tamar.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Mag die Here vir jou kinders by hierdie jong vrou gee, wat net so baie en so gelukkig sal wees soos dié van ons voorvader Peres, die seun van Tamar en Juda.”