Ruth 4:11 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En die hele volk wat in die poort was, en die ouderlinge het gesê: Ons is getuies. Die HERE maak die vrou wat in jou huis gekom het soos Ragel en soos Lea, wat twee die huis van Israel gebou het; en doen jy waardig in Efrata en word beroemd in Betlehem.
Afrikaans (NLV) 2011 Toe sê die leiers en almal wat daar staan: “Ons is getuie. Mag die Here die vrou wat nou in jou huis inkom, maak soos Ragel en Lea, van wie die hele volk afgestam het. Mag jy aansien in Efrata en beroemdheid in Betlehem verwerf.
Afrikaans 1933/1953 Toe sê al die mense wat in die poort was, en die oudstes: Ons is getuies; mag die HERE die vrou wat in jou huis inkom, maak soos Ragel en soos Lea wat saam die huis van Israel gebou het; en verwerf mag in frata en maak 'n naam in Betlehem!
Afrikaans 1983 Die leiers en almal wat in die stadspoort bymekaar was, het toe bevestig: “Ons is getuies. Mag die Here die vrou wat nou in jou huis inkom, soos Ragel en Lea maak wat saam gebou het aan die volk Israel. Verwerf aansien in Efrata en maak naam vir jouself in Betlehem.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Al die mense wat by die dorpspoort was en die oudstes sê toe: “Ons is getuies. Mag die Here gee dat die vrou wat in jou huis inkom soos Ragel en Lea sal wees, die twee wat die huis van Israel gebou het. Mag jy van krag tot krag gaan in Efrata en roem verwerf in Betlehem!
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Al die mense in die poort en al die leiers het gesê: “Ja, ons is getuies. Ons bid dat die vrou wat nou in jou huis sal kom, soos Ragel en Lea sal wees, die twee vroue uit wie die volk Israel kom. Ons bid dat jy ryk sal word en dat jy 'n belangrike man sal wees hier in Betlehem.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die leiers en die ander mense wat by die ingang van die dorp bymekaar was, het toe gesê: “Ons is getuies! Mag die Here Rut seën met baie kinders soos dié van Jakob se twee vroue, Ragel en Lea. Mag jy ’n belangrike man wees in Efrata. En mag jy in Betlehem iemand wees na wie die mense opsien.