Ruth 4:10 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Verder het ek Rut, die Moabitiese vrou, die vrou van Maglon, gekoop om my vrou te wees, om die naam van die dooies op sy erfdeel op te wek, sodat die naam van die dooies nie uitgeroei word onder sy broers en uit die poort van sy plek: julle is vandag getuies. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Saam met die landerye verkry ek ook vir Rut, die Moabitiese weduwee van Maglon, as my vrou. Op hierdie manier sal die grond in die naam van die familie bly. So sal die naam van die gestorwene nie onder sy broers en uit die poort van sy woonplek uitgewis word nie. Julle is vandag almal getuie daarvan.” |
| Afrikaans 1933/1953 | En ook Rut, die Moabitiese, die vrou van Maglon, verwerf ek vir my as vrou om die naam van die dode oor sy erfdeel in stand te hou, sodat die naam van die dode onder sy broers en uit die poort van sy woonplek nie uitgeroei word nie. Julle is vandag getuies. |
| Afrikaans 1983 | ek ook die Moabitiese vrou Rut, die weduwee van Maglon, vir my as vrou gekry het. So sal die grond in die oorledene se familie bly en sy nagedagtenis nie vergeet word in die volkslewe nie. Ja, julle is vandag getuies.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | En ook Rut, die Moabiet, die vrou van Maglon, neem ek vir my oor as vrou om die naam van die oorledenes oor hulle familiebesit te laat voortleef, en sodat die naam van die oorledenes nie onder die familie en uit die poort van sy woonplek verdwyn nie. Julle is vandag getuies daarvan.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ek neem ook die Moabitiese vrou Rut, die vrou van Maglon. Ek sal met haar trou, en as sy 'n seun kry, dan sal hy eendag die grond kry. So sal die naam van haar oorlede man nie verdwyn uit sy familie en uit die stad nie. Julle is vandag die getuies.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Daarmee saam word Maglon se weduwee, Rut, my vrou. So kan sy ’n seun kry wat ten minste sy pa se familienaam kan laat voortleef. Hy kan dan ook die familie se grond erf en hier in sy tuisdorp bly. Daarvan is julle vandag getuies.” |