Ruth 4:1 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Toe het Boas na die poort opgegaan en hom daar gaan sit; aan wie hy gesê het: O, so iemand! draai eenkant toe, gaan sit hier. En hy het weggedraai en gaan sit.
Afrikaans (NLV) 2011 Boas het na die dorpspoort gegaan en daar gaan sit en wag. Toe die losser van wie hy gepraat het, daar verbykom, roep Boas hom. “Kom hiernatoe, vriend. Ek wil met jou praat.” Hy het by hom gaan sit.
Afrikaans 1933/1953 En Boas het opgegaan na die poort en daar gaan sit. En toe die losser juis daar verbygaan van wie Boas gespreek het, sê hy: Vriend, kom nader, en sit hier! En hy het nader gekom en gaan sit.
Afrikaans 1983 Ondertussen het Boas na die stadspoort toe gegaan en daar gaan sit. Juis toe kom die losser van wie Boas gepraat het, daar verby. Boas roep toe: “Kom sit hier, my vriend.” Nadat hy kom sit het, het Boas
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Boas het na die dorpspoort gegaan en daar gaan sit. Juis toe kom die losser van wie hy gepraat het, daar verby. “Draai af hierheen, kom sit hier! ” sê Boas vir hom. Die man het afgedraai en gaan sit.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Boas was toe al in die poort van die stad. Hy het daar gaan sit. Toe kom die ander man daar verby, die man wat ook 'n losser was. Boas het vir hom gesê: “My vriend, kom sit asseblief hier.” Die man het dit gedoen.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Intussen het Boas na die bymekaarkomplek by die ingang van die dorp toe gegaan en daar gaan sit en wag. Toe Elimeleg se naaste familielid, die een oor wie Boas met Rut gepraat het, daar verbykom, het Boas hom geroep en gesê: “Vriend, kom sit hier by my; ek wil graag met jou praat.” Die man het toe nader gestap en gaan sit.