Ruth 3:9 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hy sê: Wie is jy? En sy antwoord: Ek is u dienares Rut; sprei dan u rok oor u dienares; want jy is 'n naaste bloedverwant.
Afrikaans (NLV) 2011 “Wie is jy?” vra hy. “Ek is Rut, u diensmeisie,” antwoord sy. “Ontferm u tog oor my, want u is my losser.”
Afrikaans 1933/1953 En hy vra: Wie is jy? Toe antwoord sy: Ek is Rut, u dienares; brei dan u vleuel oor u dienares uit, want u is die losser.
Afrikaans 1983 Hy vra toe vir haar: “Wie is jy?” en sy antwoord: “Ek is Rut, ek is van u afhanklik, en u is my losser; neem my nou onder u beskerming.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) “Wie is jy?” vra hy. Sy antwoord: “Ek is Rut, u slavin. Gooi die soom van u kleed oor u slavin, want u is die losser. ”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Hy het gevra: “Wie is jy?” Rut het gesê: “Ek is Rut, en jy moet vir my sorg, want jy is 'n losser.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) “Wie is jy?” wou hy weet. “Ek is Rut,” antwoord sy toe. “Omdat u familie van my skoonpa is, is u ook verplig om my te help versorg. Trou met my, asseblief.”