Ruth 3:8 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En teen middernag het die man bang geword en hom omgedraai, en daar lê 'n vrou aan sy voete. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Omtrent middernag skrik Boas wakker en draai om. Groot was sy verbasing toe hy agterkom dat ’n vrou daar by sy voete lê. |
| Afrikaans 1933/1953 | En die man het teen middernag geskrik en vooroor gebuig en -- daar lê 'n vrou aan sy voetenent. |
| Afrikaans 1983 | Toe hy in die middel van die nag wakker skrik en omdraai, was hy baie verbaas toe hy 'n vrou by sy voete gewaar. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | In die middel van die nag skrik Boas wakker. Iets raak aan hom, en sowaar, daar lê 'n vrou by sy voete! |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Toe Boas in die middel van die nag wakker word, het hy gesien daar lê 'n vrou by sy voete. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Gedurende die nag het Boas wakker geword. Toe hy wou omdraai, was hy verbaas om te sien dat daar ’n vrou by sy voete lê. |