Ruth 3:18 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe sê sy: Sit stil, my dogter, totdat jy weet hoe die saak sal uitkom; want die man sal nie in rus wees voordat hy vandag die saak voltooi het nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Naomi sê toe vir haar: “My dogter, wees maar geduldig totdat ons hoor wat verder gebeur. Die man sal nie rus voordat hy die saak vandag nog opgelos het nie.” |
| Afrikaans 1933/1953 | En sy antwoord: Sit stil, my dogter, totdat jy weet hoe die saak uitval; want die man sal nie rus tensy hy vandag nog die saak afgehandel het nie. |
| Afrikaans 1983 | Naomi sê toe: “Wag maar en kyk wat nou gaan gebeur, my dogter. Die man sal beslis nie vandag rus voordat die saak afgehandel is nie.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Naomi antwoord: “My dogter, wag nou maar totdat jy weet hoe die saak uitval. Die man sal nie tot rus kom tensy hy die saak vandag nog afhandel nie.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Naomi het gesê: “Nou moet jy wag totdat jy weet wat gebeur. Die man sal nie ophou voordat hy vandag gedoen het wat hy gesê het nie.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Naomi sê toe vir haar: “Wees nou maar net geduldig totdat ons sien wat gebeur. Boas sal nie rus voordat hy hierdie saak vandag nog opgelos het nie.” |