Ruth 3:15 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Hy het ook gesê: Bring die sluier wat jy oor jou het en hou dit vas. En toe sy dit vashou, het hy ses mate gars gemeet en dit op haar gelê; en sy het in die stad gegaan.
Afrikaans (NLV) 2011 Boas het ook vir haar gesê: “Bring die mantel wat jy aan het en hou dit oop.” Hy meet toe ses mate gars vir haar daarin af en help haar om dit op haar rug te tel. Daarna is Boas dorp toe.
Afrikaans 1933/1953 Daarna sê hy: Gee die tjalie wat jy om het, en hou dit oop. En sy het dit oopgehou, en hy het ses mate gars afgemeet en dit op haar gesit en die stad ingegaan.
Afrikaans 1983 Hy het ook gesê: “Bring die tjalie wat jy om het en hou dit oop.” Sy het dit oopgehou, en hy het ses en twintig kilogram gars vir haar daarin afgemeet en dit op haar rug getel. Hy is toe stad toe,
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Boas sê toe vir haar: “Gee die sjaal wat jy om het en hou dit oop.” Sy het dit oopgehou, en hy het ses mate gars daarop afgemeet en dit op haar skouer getel. Daarna is hy die dorp in.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Boas het gesê sy moet die doek bring wat om haar lyf is, en sy moet dit vashou. Sy het dit gedoen, en hy het ses kruike vol gars op die doek gegooi en dit op haar skouers getel. Sy het na die stad gegaan,
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Voor sy loop, het Boas vir haar gesê om die los baadjie wat sy bo-oor haar klere aangehad het vir hom te bring en dit op die grond oop te gooi. Hy het toe ongeveer twintig kilogram gars daarin gesit, dit toegedraai en haar gehelp om dit op te tel. Sy is toe terug dorp toe.