Ruth 3:13 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Bly in hierdie nag, en dit sal in die môre wees, dat as hy die deel van 'n bloedverwant aan jou verrig, goed; laat hy die deel van 'n losser doen; maar as hy nie die deel van 'n losser aan jou doen nie, dan sal ek die deel van 'n losser aan jou doen, so waar as die HERE leef; lê tot die môre toe.
Afrikaans (NLV) 2011 Bly vannag hier. Môre-oggend sal ek met hom praat. As hy gewillig is om vir jou as losser op te tree, sal hy dit doen. Maar as hy nie gewillig is nie, dan sal ek so waar as die Here leef met jou trou. Bly nou lê tot môre-oggend.”
Afrikaans 1933/1953 Bly vannag oor; en as hy jou môre wil los, goed, hy kan los; maar as hy nie lus het om jou te los nie, dan sal,k jou los, so waar as die HERE leef! Bly lê tot môre.
Afrikaans 1983 Slaap vannag hier. As hy dan môreoggend bereid is om as jou losser op te tree, goed, maar as hy nie wil nie, sal ek so seker as die Here leef, as losser optree. Bly hier tot môreoggend.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Bly vannag hier. En môreoggend, as hy jou wil loskoop, goed, laat hy jou dan loskoop. Maar as hy jou nie wil loskoop nie, dan sal ek, so waar as die Here leef, dit self doen. Bly nou maar lê tot môreoggend.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Bly vannag hier, en as hy môre sê hy sal vir jou sorg, dan is dit goed. Maar as hy dit nie wil doen nie, dan sal ek dit doen. Ek belowe dit en die Here is die getuie. Slaap nou tot môre.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Bly vannag hier. Môreoggend sal ons uitvind of hy vir jou wil sorg of nie. As hy dit wil doen, is dit goed so. So nie, sal ek met jou trou, so seker as die Here lewe, ek belowe dit. Bly nou maar hier tot môreoggend, dis veiliger.”