Ruth 3:11 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En nou, my dogter, vrees nie; Ek sal aan jou alles doen wat jy vra, want die hele stad van my volk weet dat jy 'n deugsame vrou is. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Wees verseker: Jy hoef oor niks bekommerd te wees nie, my dogter. Ek sal doen wat nodig is, want almal in die dorp weet jy is ’n eerbare vrou. |
| Afrikaans 1933/1953 | Wees dan nou nie bang nie, my dogter; alles wat jy sê, sal ek vir jou doen, want die hele stadspoort van my volk weet dat jy 'n deugsame vrou is. |
| Afrikaans 1983 | Moet nou nie verder bekommerd wees nie, my dogter. Alles wat jy my vra, sal ek doen, want al die mense weet dat jy 'n goeie vrou is. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Moet dus nie bang wees nie, my dogter. Alles wat jy vra, sal ek doen. Al my mense in die dorp weet immers dat jy 'n deugsame vrou is. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | En nou, dogter, jy moenie bekommerd wees nie. Ek sal alles doen wat jy gevra het, want almal in my stad weet dat jy 'n goeie vrou is. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Moenie jou verder bekommer nie, ek sal doen wat jy vra. Almal in die dorp ken jou in elk geval as ’n eerlike en goeie vrou. |