Ruth 3:1 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe sê Naomi, haar skoonmoeder, vir haar: My dogter, sal ek nie rus soek vir jou, dat dit met jou goed kan gaan nie? |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Naomi het vir haar skoondogter Rut gesê: “My dogter, dis tyd dat ek vir jou ’n vaste woonplek kry sodat jy in die toekoms versorg sal wees. |
| Afrikaans 1933/1953 | Toe sê haar skoonmoeder Naomi vir haar: My dogter, sal ek nie vir jou 'n rusplek soek, dat dit goed met jou kan gaan nie? |
| Afrikaans 1983 | Rut se skoonma Naomi het vir haar gesê: “My dogter, dit is my verantwoordelikheid om vir jou 'n heenkome te soek sodat dit met jou goed kan gaan. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Naomi, Rut se skoonmoeder, het vir haar gesê: “My dogter, moet ek nie vir jou 'n tuiste soek waar dit met jou goed sal gaan nie? |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Eendag het Rut se skoonma Naomi vir haar gesê: “My dogter, ek moet vir jou 'n man kry wat vir jou kan sorg. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Op ’n dag sê Naomi vir Rut: “Ons moet vir jou ’n man kry, sodat jy versorg kan word en jou eie huis en ’n huisgesin kan hê. |