Ruth 2:9 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Laat jou oë op die land wees wat hulle maai, en gaan agter hulle aan; het Ek nie die jongmanne bevel gegee om jou nie aan te raak nie? en as jy dors is, gaan na die voorwerpe en drink van wat die jongmanne getrek het. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Kyk op watter deel van die landerye hulle oes en gaan saam met hulle. Ek het die werksmense opdrag gegee om jou nie lastig te val nie. As jy dors word, gaan drink gerus van die water in die houers wat my werkers vir hulle uit die put geskep het.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Met die oë op die land wat hulle afsny, moet jy agter hulle aan loop. Het ek die dienaars nie bevel gegee om jou nie aan te raak nie? En as jy dors het, gaan dan na die kanne en drink van wat die dienaars skep. |
| Afrikaans 1983 | Bly op die land waar hulle oes, en volg hulle. Ek het die mans aangesê om jou nie lastig te val nie. En wanneer jy dors is, gaan na die waterkruike toe en drink van die water wat die werksmense vir hulle geskep het.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | kyk in watter land hulle oes en volg hulle. Ek het my werkers uitdruklik beveel om jou glad nie lastig te val nie. As jy dors is, moet jy na die kruike gaan en drink van wat die werkers daar skep.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Kyk waar hulle die gars afsny en loop agter hulle. Ek het vir my slawe gesê hulle moenie vir jou pla nie. En jy kan water gaan drink uit die kruike wat my slawe volgemaak het.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Kyk waar hulle are optel en volg hulle. Ek het ook die werkers gewaarsku om jou nie te pla nie. En as jy dors word, gaan drink gerus water daar by die kanne wat hulle vir hulleself volgemaak het.” |