Ruth 2:15 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En toe sy opstaan om op te tel, het Boas sy jongmanne bevel gegee en gesê: Laat sy selfs tussen die gerwe optel en haar nie smaad nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Toe Rut weg is om weer te gaan are optel, sê Boas vir sy werkers: “Julle moet haar toelaat om are tussen die gerwe op te tel sonder dat sy gepla word. |
| Afrikaans 1933/1953 | Toe sy weer opstaan om are op te tel, het Boas sy dienaars bevel gegee en gesê: Sy mag ook tussen die gerwe optel, en julle mag haar nie beledig nie. |
| Afrikaans 1983 | het sy opgestaan om weer te gaan are optel. Boas het sy werkers toe beveel: “Sy mag selfs tussen die gerwe are optel en julle mag haar nie pla nie; |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Toe sy opstaan om weer te gaan are optel, het Boas sy werkers opdrag gegee en gesê: “Sy mag ook tussen die hopies optel. Julle mag haar nie verneder nie! |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Toe sy weer begin om are op te tel, het Boas vir sy werkers gesê: “Sy kan ook are optel tussen die gars-gerwe, en julle moenie vir haar pla nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Toe Rut weg is om verder te gaan werk, het Boas vir sy werkers gesê: “Laat haar toe om ook tussen die gerwe koringare op te tel. Moenie haar keer om dit te doen nie. |