Romans 9:8 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Dit wil sê, hulle wat kinders van die vlees is, dit is nie kinders van God nie, maar die kinders van die belofte word as die saad gereken. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Dit beteken dat Abraham se fisiese kinders nie noodwendig ook almal Gód se kinders is nie, maar dit is die kinders van die belofte wat Abraham se ware nageslag is. |
| Afrikaans 1933/1953 | Dit wil sê, nie hulle is kinders van God wat die kinders van die vlees is nie, maar die kinders van die belofte word gereken as die nageslag. |
| Afrikaans 1983 | Dit wil sê: Dit is nie die kinders wat in die gewone gang van die lewe gebore is, wat kinders van God is nie; dit is die kinders wat kragtens die belofte van God gebore is, wat as Abraham se nageslag gereken word. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Dit wil sê: Dit is nie die kinders na die liggaam wat kinders van God is nie, maar die kinders na die belofte, word as nageslag beskou. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Dit beteken: Mense is nie kinders van God net omdat hulle die nageslag van Abraham is nie. Mense is kinders van God omdat Hy belowe het dat hulle sy kinders sal wees. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | God het vir Abraham gesê dat sy nageslag uit sy seun Isak sou voortkom. Dit beteken dus dat ’n mens nie sommer vanself ’n ware Israeliet is net omdat jou ouers Israeliete is nie. Glad nie. God alleen besluit wie regtig Israeliete is, soos Hy aan Abraham belowe het. |