Romans 9:7 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Ook nie, omdat hulle die nageslag van Abraham is, is hulle almal kinders nie; maar: In Isak sal jou nageslag genoem word.
Afrikaans (NLV) 2011 Die blote feit dat mense afstammelinge van Abraham is, maak hulle nog nie ware kinders van Abraham nie. Want die Skrif sê: “Isak is die seun uit wie jou nageslag sal kom.”
Afrikaans 1933/1953 Ook nie omdat hulle Abraham se nageslag is, is hulle almal kinders nie; maar: in Isak sal jou nageslag genoem word.
Afrikaans 1983 en nie almal wat nakomelinge van Abraham is, is werklik kinders van Abraham nie. Inteendeel, die belofte was: “Uit Isak sal daar vir jou 'n nageslag kom.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Ook is nie almal wat nageslag van Abraham is, sy kinders nie. Inteendeel, daar staan: “Dit is deur Isak dat jou nageslag benoem sal word.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) En baie mense van die nageslag van Abraham is ook nie ware kinders van Abraham nie. Want in die Ou Testament is geskryf: Die nageslag van Isak sal jou nageslag wees.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Want al van Abraham se tyd af het God nie alle Israeliete as ware Israeliete beskou nie.