Romans 9:4 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Wie is Israeliete; aan wie behoort die aanneming tot kinders en die heerlikheid en die verbonde en die gee van die wet en die diens van God en die beloftes; |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hulle is tog Israeliete, bevoorreg tot kindskap. God het sy heerlikheid aan hulle bekendgemaak. Hy het verbonde met hulle gesluit en sy wet vir hulle gegee. Hulle is bevoorreg om Hom te aanbid en Hy het wonderlike beloftes aan hulle gemaak. |
| Afrikaans 1933/1953 | Hulle is Israeliete aan wie die aanneming tot kinders behoort en die heerlikheid en die verbonde en die wetgewing en die erediens en die beloftes; |
| Afrikaans 1983 | Hulle is tog Israeliete; vir hulle het God as sy kinders aangeneem en in sy heerlikheid was Hy by hulle; met hulle het Hy die verbonde gesluit en aan hulle die wet van Moses gegee, asook die tempeldiens en die beloftes; |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hulle is Israeliete; aan hulle behoort die aanneming tot kinders, die heerlikheid, die verbonde, die wetgewing, die tempeldiens en die beloftes; |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ja, hulle is Israeliete, God het hulle aangeneem om sy kinders te wees, Hy het vir hulle gewys Hy is Koning, Hy het verbonde gemaak met hulle, Hy het sy wette vir hulle gegee, Hy het vir hulle gesê hoe hulle Hom moet dien, Hy het baie dinge vir hulle belowe. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hulle is tog Israeliete, God se mense. Hulle het God se glorie gesien. Hy het met hulle die een ooreenkoms na die ander gesluit. Ook die wet van Moses, die tempel en al God se wonderlike beloftes is aan hulle gegee. |