Romans 9:33 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Soos geskrywe is: Kyk, Ek lê in Sion 'n steen van aanstoot en 'n rots van struikeling; en elkeen wat in Hom glo, sal nie beskaamd staan nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | God het hulle in die Skrif juis hierteen gewaarsku met die woorde: “Let goed op! Ek sit in Jerusalem ’n klip waaroor mense kan struikel, ’n rots wat hulle kan laat val. Maar enigeen wat in Hom glo, sal nie beskaamd staan nie.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Soos geskrywe is: Kyk, Ek lê in Sion 'n steen van aanstoot en 'n rots van struikeling; en elkeen wat in Hom glo, sal nie beskaam word nie. |
| Afrikaans 1983 | waarvan daar geskrywe staan: “Kyk, Ek sit in Sion 'n klip neer waaroor 'n mens struikel, 'n rots waarteen jy jou stamp, maar wie in Hom glo, sal nie teleurgestel word nie.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | soos daar geskryf staan: “Kyk, Ek sit in Sion 'n klip neer waaroor 'n mens kan struikel, ja, 'n rots wat jou kan laat val; maar wie in Hom glo, sal nie beskaamd staan nie.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Dit is soos daar in die Ou Testament geskryf is: Ek sit in Sion 'n klip waarteen mense sal stamp, 'n rots waaroor hulle sal val. Daar is ook geskryf: Maar die mense wat in Hom glo, sal wen, Hy sal hulle nie alleen los nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Dit is waar wat Jesaja oor hulle geskryf het: “Oppas! Ek het ’n groot rots daar op die berg Sion, die plek van verlossing, neergesit. As jy nie mooi kyk nie, gaan jy daaroor val. Hy is ’n rots wat vir baie mense aanstoot gee. Elkeen wat in Hom glo, sal nooit oor Hom struikel of val nie.” |