Romans 9:32 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Waarom? Omdat hulle dit nie uit die geloof gesoek het nie, maar as 't ware uit die werke van die wet. Want hulle het by daardie struikelblok gestruikel; |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Hoekom nie? Juis omdat hulle dit op grond van hulle werke probeer verkry het en nie deur die geloof nie. Dit was die klip waaroor hulle gestruikel het. |
| Afrikaans 1933/1953 | Waarom? Omdat dit nie uit die geloof was nie, maar net asof dit uit die werke van die wet was; want hulle het hul gestamp teen die steen van aanstoot. |
| Afrikaans 1983 | Waarom kon hulle nie die vryspraak kry nie? Omdat hulle nie op die geloof wou bou nie, maar op hulle eie prestasies. Hulle het oor die struikelblok gestruikel |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Waarom nie? Omdat hulle dit nie op grond van geloof wou verkry nie, maar op grond van hulle dade. Hulle het oor die struikelblok gestruikel, |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hoekom nie? Hulle wou graag hê dat God hulle moet vryspreek, maar hulle wou nie in Christus gló nie, hulle het net gedoen wat die wette sê. Hulle was soos mense wat teen 'n klip gestamp het en geval het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hoekom? Wel, omdat hulle die wet heeltemal verkeerd gehou het. Hulle het gedink dat God hulle moes beloon vir al hulle goeie dade. Hulle het nie eens die Messias herken toe Hy voor hulle in die pad kom staan het nie. Daarom het hulle oor Christus gestruikel. |