Romans 9:31 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Maar Israel, wat die wet van geregtigheid nagejaag het, het die wet van geregtigheid nie bereik nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Terselfdertyd het Israel, wat so hard probeer het om deur nakoming van die wet God se goedkeuring te verkry, nie daarin geslaag nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | terwyl Israel, wat die wet van die geregtigheid nagejaag het, die wet van die geregtigheid nie bereik het nie. |
| Afrikaans 1983 | Israel, daarenteen, het 'n wet gesoek waardeur hulle God se vryspraak sou kon kry, maar by so 'n wet het hulle nie uitgekom nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | terwyl Israel, wat geregtigheid deur die wet nagejaag het, die eis van die wet nie kon nakom nie? |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Israeliete het probeer doen wat die wette sê sodat God hulle moet vryspreek. Maar hulle het nie regtig gedoen wat die wette sê nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Aan die ander kant het Israel, wat van vroeg tot laat die wet probeer hou het sodat hulle in die regte verhouding met God kon wees, dit nie reggekry nie. |