Romans 9:30 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Wat sal ons dan sê? Dat die heidene, wat die geregtigheid nie nagejaag het nie, die geregtigheid bereik het, ja, die geregtigheid wat uit die geloof is.
Afrikaans (NLV) 2011 As ons hieroor nadink, wat is ons slotsom? Dit is dat nie-Joodse nasies die vryspraak deur die geloof verkry het, al het hulle hulle nie daarvoor beywer nie.
Afrikaans 1933/1953 Wat sal ons dan sê? Dat die heidene, wat die geregtigheid nie nagejaag het nie, die geregtigheid verkry het, naamlik die geregtigheid wat uit die geloof is;
Afrikaans 1983 Wat is nou ons gevolgtrekking? Dít: heidene het nie God se vryspraak gesoek nie, maar dit wel gekry — die vryspraak deur die geloof.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Wat sal ons dan sê? Dat die heidene die •geregtigheid wat hulle nie nagejaag het nie, verkry het, naamlik die regverdiging deur die geloof,
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Daarom sê ek: Dit was vir die heidene nie belangrik dat God hulle moet vryspreek nie. Maar God hét hulle vrygespreek omdat hulle in Christus glo.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Wat is ons gevolgtrekking oor dit wat ons gesê het? Dít: mense uit ander volke wat nie eens probeer het om in die regte verhouding met God te kom nie, leef nou in vrede met Hom. God het hulle van hulle sondes vrygespreek omdat hulle in Hom glo.