Romans 9:29 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | En soos Jesaja vantevore gesê het: As die Here van Sabaot nie vir ons 'n nageslag nagelaat het nie, was ons soos Sodoma en het aan Gomorra gelyk geword. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Jesaja het trouens al vroeër verklaar: “As die Here, die Almagtige, nie ’n paar van ons laat oorbly het nie, sou ons volledig uitgewis gewees het net soos Sodom en Gomorra.” |
| Afrikaans 1933/1953 | En soos Jesaja tevore gesê het: As die Here van die leërskare vir ons nie 'n nageslag oorgelaat het nie, soos Sodom sou ons geword het en aan Gomorra gelyk gewees het. |
| Afrikaans 1983 | So het Jesaja trouens al vroeër gesê: “As die Here, die Almagtige, nie vir ons 'n klompie laat oorbly het nie — soos met Sodom sou dit met ons gegaan het, soos Gomorra sou ons uitgewis gewees het.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | En soos Jesaja reeds gesê het: “As die Here, Heerser oor alle magte, nie vir ons 'n nageslag laat oorbly het nie, sou ons soos Sodom geword het, en sou dit met ons soos met Gomorra gegaan het.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Dit is ook wat Jesaja gesê het lank voordat dit gebeur het: Die Here wat oor alles regeer, het ons nie almal laat sterf nie, Hy het 'n paar van ons laat oorbly. As Hy dit nie gedoen het nie, dan was ons soos Sodom en Gomorra. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Jesaja het ook op ’n ander plek gesê: “As die Here, die Almagtige, nie vir ons ’n nageslag oorgelaat het wat in Hom bly glo nie, sou ons net soos Sodom geword het, sou ons net soos Gomorra verwoes gewees het.” |