Romans 9:27 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Jesaja roep ook oor Israel: Al is die getal van die kinders van Israel soos die sand van die see, 'n oorblyfsel sal gered word.
Afrikaans (NLV) 2011 Maar wat Israel betref, roep Jesaja uit: “Al was die Israeliete so baie soos die sand op die seestrand, sal net ’n handjievol oorblywendes verlos word.
Afrikaans 1933/1953 En Jesaja roep oor Israel uit: Al is die getal van die kinders van Israel soos die sand van die see, net die oorblyfsel sal gered word;
Afrikaans 1983 En Jesaja roep van Israel dít uit: “Al was die Israeliete so baie soos die sand van die see, net die handjievol wat oorbly, sal gered word,
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Maar Jesaja roep aangaande Israel uit: “Al is die getal van die kinders van Israel soos die sand van die see, sal net 'n oorblyfsel verlos word;
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) En Jesaja skree en sê oor die Israeliete: Die Israeliete is so baie soos die sand van die see, maar die Here sal min van hulle red, Hy sal die klein bietjie red wat oorbly,
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die profeet Jesaja sê van Israel: “Al is die Israeliete se getalle so baie soos al die seesand, sal daar slegs ’n klein groepie van hulle gered word.