Romans 9:26 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En dit sal gebeur dat op die plek waar aan hulle gesê is: Julle is nie my volk nie; daar sal hulle kinders van die lewende God genoem word.
Afrikaans (NLV) 2011 En: “Dáár waar vir hulle gesê is: ‘Julle is nie my volk nie,’ juis daar sal hulle kinders van die lewende God genoem word.”
Afrikaans 1933/1953 en in die plek waar aan hulle gesê is: Julle is nie my volk nie! daar sal hulle genoem word kinders van die lewende God.
Afrikaans 1983 “En in plaas daarvan dat vir hulle gesê is: ‘Julle is nie my volk nie,’ sal hulle geroep word om kinders van die lewende God te wees.”
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) En: “Op daardie plek waar vir hulle gesê is, ‘Julle is nie my volk nie,’ juis daar sal hulle kinders van die lewende God genoem word.”
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) God het ook in die boek Hosea gesê: Ek het vir hulle gesê: “Julle is nie my volk nie,” maar op daardie plek waar Ek dit gesê het, sal Ek vir hulle sê: “Julle is kinders van die God wat lewe.”
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Op plekke waar mense vir hulle gesê het: ‘Julle is nie deel van God se volk nie,’ juis daar sal nou gesê word: ‘Julle is kinders van die lewende God!’”