Romans 9:25 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Soos hy ook in Osee sê: Ek sal hulle my volk noem wat nie my volk was nie; en haar beminde, wat nie bemin was nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Oor laasgenoemde sê God in die boek Hosea tereg: “Hulle wat nie my volk was nie, sal Ek nou mý volk noem. En Ek sal haar liefhê wat nie voorheen my geliefde was nie.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Soos Hy ook in Hos,a sê: Ek sal die wat nie my volk is nie, my volk noem; en haar wat nie bemin is nie, beminde; |
| Afrikaans 1983 | So sê Hy dan ook in die boek Hosea: “Hulle wat nie my volk is nie, sal Ek roep om my volk te wees, en haar wat geen liefde ontvang het nie, om my geliefde te wees.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | So sê Hy ook in Hosea: “Hulle wat nie my volk was nie, sal Ek my volk noem, en haar wat nie geliefd was nie, sal Ek my geliefde noem.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Dit is soos God in die boek Hosea sê: Ek sal vir Nie-My-Volk-Nie sê: “Julle is my volk,” en Ek sal vir die mense sê vir wie niemand lief is nie: “Ek is lief vir julle.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Dit is presies net soos God in die profeet Hosea sê: “Vir mense wat nie my volk is nie, sal Ek sê: ‘Julle is nou my volk.’ Vir haar wat geen liefde ken nie, sal Ek sê: ‘Jy is my beminde.’ |