Romans 9:21 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Het die pottebakker nie mag oor die klei, van dieselfde deeg om een voorwerp tot eer te maak en 'n ander tot oneer nie?
Afrikaans (NLV) 2011 As ’n pottebakker byvoorbeeld kleikruike maak, is dit nie sy volste reg om uit dieselfde klei ’n sierkruik én ’n vullisbak te maak nie?
Afrikaans 1933/1953 Of het die pottebakker nie mag oor die klei, om uit dieselfde klomp die een voorwerp tot eer en die ander tot oneer te maak nie?
Afrikaans 1983 Het die pottebakker nie die reg om uit dieselfde klomp klei iets besonders én iets alledaags te maak nie?
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Of het die pottebakker dan nie die reg om uit dieselfde stuk klei 'n voorwerp vir edele gebruik of vir onedele gebruik te maak nie?
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Jy kan ook dink aan 'n pottebakker. 'n Pottebakker kan enige iets van sy klei maak, enige iets wat hy wil. Hy kan van dieselfde stuk klei een ding maak wat baie spesiaal is en hy kan 'n ander ding maak wat nie spesiaal is nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die pottebakker kan mos met sy klei maak wat hy wil. Uit dieselfde stuk klei kan hy iets maak waaroor hy baie bly is, en ook iets waarvan hy net mooi niks hou nie.