Romans 9:17 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Want die Skrif sê vir Farao: Vir hierdie selfde doel het Ek jou opgewek, dat Ek my krag in jou kan toon en my Naam oor die hele aarde verkondig kan word. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die Skrif verklaar mos dat God vir Farao gesê het: “Ek het jou juis hiervoor aangehits — Ek wil deur jou optrede my krag bekendmaak sodat my Naam oor die hele wêreld geroem sal word.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Want die Skrif sê aan Farao: Juis hiervoor het Ek jou laat optree, dat Ek in jou my krag kan toon en dat my Naam verkondig kan word op die hele aarde. |
| Afrikaans 1983 | In die Skrif sê God immers vir die farao: “Juis hiervoor het Ek jou teen My in opstand laat kom: dat Ek in jou my krag kan toon en dat my Naam oor die hele aarde verkondig kan word.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die Skrif sê immers vir die farao: “Juis hiervoor het Ek jou verhef, sodat Ek deur jou my krag kan toon, en sodat my Naam oor die hele aarde verkondig kan word.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Want in die Ou Testament sê God vir die farao: Ek het jou 'n koning laat word sodat Ek kan wys hoe sterk Ek is en sodat almal op die aarde kan weet wie Ek is. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Daarom het Hy vir die farao gesê: “Ek het jou ’n baie sterk koning gemaak om ’n bepaalde rede. Ek gaan vir jou wys hoe sterk Ek is. My Naam gaan ook deur jou oor die hele aarde bekendgemaak word.” |