Romans 9:16 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Dit is dus nie van hom wat wil of van hom wat hardloop nie, maar van God wat barmhartigheid bewys. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Dit hang dus nie van ons af of ons God se belofte ontvang nie. Ons kan dit nie toe-eien deur dit te begeer of ons daarvoor in te span nie. Dit hang af van God se ontferming. |
| Afrikaans 1933/1953 | So hang dit dan nie af van die een wat wil of van die een wat loop nie, maar van God wat barmhartig is. |
| Afrikaans 1983 | Dit hang dus nie af van 'n mens se wil of strewe nie, maar van God wat barmhartig is. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Dit berus dus nie by die mens wat wil en hom inspan nie, maar by God wat Hom ontferm. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Dit wys vir ons: God kies nie mense omdat hulle goeie dinge doen of wil doen nie. God kies mense omdat Hy goed wil wees vir hulle. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | God kyk nie eers na wat mense dink en doen voordat Hy besluit om hulle te red nie. Nee, God gee so baie vir mense om dat Hy Hom oor hulle ontferm sonder om hulle dade in ag te neem. |