Romans 8:6 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Want om vleeslik gesind te wees, is die dood; maar om geestelik ingestel te wees is lewe en vrede.
Afrikaans (NLV) 2011 As jou sondige natuur jou denke oorheers, lei dit tot die dood. Maar as die Gees jou denke oorheers, beteken dit vir jou ware lewe en vrede.
Afrikaans 1933/1953 Want wat die vlees bedink, is die dood, maar wat die Gees bedink, is lewe en vrede,
Afrikaans 1983 Die dinge waarmee die sondige natuur van die mens hom besig hou, loop uit op die dood, maar die dinge waarmee die Gees Hom besig hou, bring lewe en vrede.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die denke van ons sondige aard loop uit op die dood, maar die denke van die Gees bring lewe en vrede.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Daar is mense wat altyd dink oor die dinge wat húlle graag wil doen, slegte dinge. God sal hulle vir altyd laat sterf. Maar daar is mense wat altyd dink aan die dinge wat die Heilige Gees wil hê hulle moet doen. God sal hulle vir altyd laat lewe en Hy sal vir hulle vrede gee.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Mense wie se denke en dade in die greep van die sonde vasgevang is, leef in die dood. Maar mense wie se denke en dade in die greep van die Heilige Gees vasgevang is, ken ware lewe en vrede.