Romans 8:33 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Wie sal God se uitverkorenes enigiets beskuldig? Dit is God wat regverdig maak. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Wie sal dit waag om ons aan te kla as God ons spesiaal uitgekies het? God is immers die Een wat ons vryspreek. |
| Afrikaans 1933/1953 | Wie sal beskuldiging inbring teen die uitverkorenes van God? God is dit wat regverdig maak. |
| Afrikaans 1983 | Wie kan die uitverkorenes van God aankla? God self spreek hulle vry. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Wie sal die uitverkorenes van God aankla? God is die Een wat •vryspreek! |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | God het ons gekies om aan Hom te behoort. Nou kan niemand sê dat ons skuldig is nie, want God het ons vrygespreek. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Wie kan dit nou nog waag om ’n aanklag teen ons in te bring? Niemand nie! Ons is immers deur God self as sy kinders uitgekies. Boonop het Hy ons van al ons sondes vrygespreek. |