Romans 8:27 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) En hy wat die harte deursoek, weet wat die bedoeling van die Gees is, omdat hy volgens die wil van God vir die heiliges intree.
Afrikaans (NLV) 2011 Dié God wat die dieptes van elke hart deurgrond, weet wat die Gees in die oog het — dat Hy in harmonie met God se wil vir die gelowiges intree.
Afrikaans 1933/1953 En Hy wat die harte deursoek, weet wat die bedoeling van die Gees is, omdat Hy ooreenkomstig die wil van God vir die heiliges intree.
Afrikaans 1983 En God, wat die harte deurgrond, weet wat die bedoeling van die Gees is, want Hy pleit, volgens die wil van God, vir die gelowiges.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Hy wat die harte deurgrond, weet wat die bedoeling van die Gees is, dat Hy volgens die wil van God vir die •heiliges intree.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) God weet alles wat mense dink en Hy weet ook wat die Heilige Gees dink. God weet die Gees doen wat God wil hê, en die Gees sê vir God wat die mense bid, die mense wat aan God behoort.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Maar in sulke tye bid die Gees self vir ons. Hy vertaal al ons swaarkry in hemelse taal. Hy gaan sug en kla namens ons daar by God. En omdat God die Heilige Gees deur en deur ken, weet Hy presies hoekom sy Gees so ernstig vir ons bid. En God weet ook dat die Gees altyd volgens sy wil vir al die gelowiges bid.