Romans 8:25 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Maar as ons hoop wat ons nie sien nie, dan wag ons met geduld daarop. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Maar as jy dit nog nie het nie, sien jy gretig en volhardend daarna uit. |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar as ons hoop wat ons nie sien nie, dan wag ons daarop met volharding. |
| Afrikaans 1983 | Maar as ons hoop op wat ons nie sien nie, wag ons daarop met volharding. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Maar as ons hoop op dit wat ons nie sien nie, dan wag ons daarop met volharding. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Maar ons hoop dat daar iets met ons sal gebeur, iets wat nog nie gebeur het nie. Daarom hoop ons en hou ons aan om daarvoor te wag. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Maar nou weet ons dat ’n nuwe lewe by God op ons wag, ook al kan ons dit nog nie sien nie. Daarom wag ons geduldig totdat dit aanbreek. |